On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Zille praat oor DA-leierskap

───   OWEN KOCK 10:57 Sun, 19 Apr 2015

Zille praat oor DA-leierskap | News Article

Bloemfontein - DA-leier Helen Zille glo haar besluit om haarself nie weer as leier verkiesbaar te stel nie, is die beste besluit om die party selfs nog beter te vaar in die toekoms.

Sy het gister die Vrystaatse provinsiale kongres buite Bloemfontein toegespreek en kommentaar dat die party swakker sal word sonder haar leierskap, verwerp.
 
Die party se goue seun, Mmusi Maimane het gister aangkondig dat hy tot die wedloop om die leierskap toetree.
 
Zille wou haar egter nie oor enige kandidaat uitlaat nie en het gevra dat die party hom by die nuwe leier skaar sodra hy aangewys word.
Die nuut-verkose leiers van die DA in die Wes-Kaap het hul steun aan Maimane toegesê as kandidaat vir die partyleierskap.
 
Die party se Wes-Kaapse kongres het die Kaapstad burgemeester, Patricia de Lille tot nuwe provinsiale leier verkies.
 
Al die lede van die nuwe Wes-Kaapse leierskorps het aangedui dat Maimane op hul steun kan staatmaak.
 
Maimane het vroeër bewerings dat die party nie gereed is vir 'n swart leier nie, as onsin afgemaak.
 
Hy sê die party het lankal nie-rassigheid aanvaar en is gereed vir 'n leier van enige kleur.
 
Owen Kock OFM Nuus/SAUK
 
 
 

Podcasts

Zille praat oor DA-leierskap:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.