On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Sasol gaan krag aan Eskom verskaf

───   09:30 Tue, 21 Apr 2015

Sasol gaan krag aan Eskom verskaf | News Article

Sasolburg - Die petrochemiese reus Sasol het 'n kragkoopkontrak met Eskom aangegaan om elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf, het Business Day Dinsdag berig.

Volgens die berig sal Sasol 440 MW van sy oortollige elektrisiteit tot die kragnetwerk bydra. Alex Anderson, woordvoerder van Sasol, het volgens die berig gesê die ooreenkoms geld al van die begin van die maand af.
 
Sasol sal die elektrisiteit van sy Secunda- en Sasolburg-aanlegte verskaf waar 1 100 MW se elektrisiteit opgewek word deur gas wat van Mosambiek af ingevoer word. Eskom sal tot 440 MW hiervan vat namate elektrisiteit benodig word.
 
Medupi se eerste eenheid sal intussen glo volgende maand ten volle in werking wees en 800 MW tot die kragnetwerk bydra. Volgens Business Day is MTN ook van voorneme om elektrisiteit aan Eskom te verskaf deur middel van sy metaangas- en sonkragaanlegte.
 
ANA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.