On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Geen verdere xenofobiese aanvalle in NW aangemeld nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:52 Thu, 23 Apr 2015

Geen verdere xenofobiese aanvalle in NW aangemeld nie | News Article

Klerksdorp -Die polisie in Noordwes sê geen voorvalle met betrekking tot openbare aanvalle op buitelanders of betogings is sedert Dinsdag in die provinsie aangemeld nie.

Dit kom nadat minderjariges tussen die ouderdom van 15 en 25 vroeër die week in Kanana by Orkney in verband met plundery in hegtenis geneem is. In nog ‘n voorval by Khuma is 13 mans en ses vroue weens openbare geweld aangekeer.
 
Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê 21 lede van die gemeenskap van Khuma het ook vroeër in die Stilfontein landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld nadat hulle Vrydag in hegtenis geneem is. Die aangeklaagtes is op R400 borgtog vrygelaat en is weer op 18 Mei in die hof.
 
Mokgwabone bedank wetgehoorsame gemeenskappe.
 
Nog 11 mense is verlede Vrydag in hegtenis geneem in Huhudi en Colridge by Vryburg in verband met plundery van winkels wat aan buitelanders behoort. Mokgwabone sê die veiligheid van alle burgers en buitelanders is belangrik. 
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Sabata Mokgwabone:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.