On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Hoof van provinsiale department tuis na gewapende roof en kaping

───   06:41 Fri, 24 Apr 2015

Hoof van provinsiale department tuis na gewapende roof en kaping | News Article

Bloemfontein - Die hoof van die Vrystaatse departement van Openbare Werke sterk aan by die huis nadat hy en sy vrou met vuurwapens aangehou en vasgebind is tydens 'n gewapende roof en kaping.

Maditse Seoke en sy vrou is Dinsdagaand by hulle huis in Pellissier aangehou en geroof. Die paartjie is met toue binne hulle motor vasgemaak.
 
Die LUR vir polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, sê die polisie is warm op die spoor van vier verdagtes wat na verwagting binnekort in hegtenis geneem sal word.
 
Komphela sê die voertuie van die paartjie is ook teruggevind.
 
Mondli Mvambi, provinsiale regeringswoordvoerder, sê Seoke is tans tuis.
 
Cathy Dlodlo/OFM News

Podcasts

Mondli Mvambi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.