On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Nampo skud vere reg vir groot fees

───   OWEN KOCK 09:10 Fri, 24 Apr 2015

Nampo skud vere reg vir groot fees | News Article

Bothaville - Landbouprodusente en die publiek kry oor 'n paar weke weer die geleentheid om eerstehands te gaan kyk hoe moderne landbou lyk en te sien wat nuut op die mark is tydens die jaarlikse Graan SA Nampo Oesdag.

Die produkte van 650 uitstallers kan dan met mekaar vergelyk word tydens die geleendheid buite Bothaville in die Noord-Vrystaat.
 
Dié vertoonvenster van landbou het die afgelope 49 jaar tot 'n gerekende landbouhandelskou ontwikkel. Sowat 70 000 besoekers stroom jaarliks deur die hekke om sake te doen, vee-uitstallings en boerepatente te besigtig.
 
Nampo-voorsitter Cobus van Coller verduidelik oor nog 'n paar hoogtepunte waarna uitgesien kan word.

'n Vervoerstelsel met ses doelgemaakte waentjies op drie roetes is vanjaar ingestel om die terrein meer begaanbaar te maak vir mense wat moeilik rondbeweeg.
 
Nampo Oesdag duur van 12 tot 15 Mei.

Owen Kock/OFM-nuus
 

Podcasts

Cobus van Coller:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.