On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Heilbron-stadsaal glo aan die brand gesteek

───   08:27 Mon, 27 Apr 2015

Heilbron-stadsaal glo aan die brand gesteek | News Article

Heilbron - Die stadsaal in Heilbron in die Vrystaat is Sondag in die vroeë oggendure deur 'n brand verwoes.

Masilela Langa, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die stadsaal is rondom 01:30 aan die brand gesteek.
 
Volgens Langa is 'n motor voor 'n hotel in Heilbron vroeër die aand ook aan die brand gesteek. Dieselfde verdagtes het daarna 'n geskenkwinkel se venster gebreek en vermoedelik probeer om die winkel ook aan die brand te steek, maar kon nie daarin slaag nie. Die stadsaal was kort daarna in ligte laaie.
 
Die motief vir die brandstigting is nog onduidelik, het Langa gesê. “Die hekke na die stadsaal sowel as die deure van die saal was wawyd oop, maar ons kon nog nie vasstel of dit met geweld oopgebreek is nie.”
 
Die saal met al sy inhoud is heeltemal vernietig, het hy gesê. Niemand is in die voorval beseer nie en 'n saak van brandstigting is aanhangig gemaak.
 
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.