On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

'Kommer oor Landbou LUR onnodig'

───   15:26 Tue, 28 Apr 2015

'Kommer oor Landbou LUR onnodig' | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse provinsiale regering sê kommer dat Premier Ace Magashule te lank vat om ‘n nuwe LUR vir Landbou in die provinsie aan te stel, is ongegrond.

Die pos het ongeveer twee maande gelede vakant geraak toe LUR Mamiki Qabathe tot speaker van die Vrystaatse Wetgewer verkies is.
Die landbousektor wag sedertien om te hoor wie die nuwe LUR gaan wees. Die DA se Roy Jankielsohn sê die landboudepartement is een van die belangrikste in die provinsie en verdien om so gou as moontlik ‘n politieke hoof te hê.
 
Segsman van die provinsiale regering, Mondli Mvambo, sê die aankondiging gaan binnekort geskied.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

Podcasts

Roy Jankielsohn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.