On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Upington-lughawe 'nie erg ontwrig' na bomdreigement

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:47 Mon, 04 May 2015

Upington-lughawe 'nie erg ontwrig' na bomdreigement | News Article

Upington - Die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) wil lugreisigers en ander belanghebbendes gerusstel dat bedrywighede by die Upington-Internasionale Lughawe nie erg ontwrig is nadat die lughawe vanoggend ‘n bomdreigement ontvang het nie.

Lughawebestuurder, Nongo Dibete, sê die polisie se bomeenheid het die perseel gefynkam nadat die lughawe se sekuriteit vanoggend omstreeks 04:00 ‘n naamlose oproep ontvang het.
 
Polisie het vroeër aan Ofm-nuus gesê ‘n Afrikaanssprekende vrou het gebel en gesê ‘n bom sal tussen 5 en 7 afgaan. Dibete sê die lughawe se noodplan is vinnig in werking gestel.

Dibete sê die polisie is op ’n hoë gereedheidsgrondslag en die situasie op die lughawe word deeglik gemonitor.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus



Podcasts

Nongo Dibete:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.