On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Staatskole in Matjhabeng water en krag afgesny

───   16:52 Tue, 05 May 2015

Staatskole in Matjhabeng water en krag afgesny | News Article

Welkom - Staatskole in die Matjhabeng munisipale gebied – wat die Stad Welkom insluit – se krag en water is afgesny.

Segsman vir die munisipaliteit - Khojane Matutle sê die munisipaliteit het begin met sy aksieplan, om uitstaande skuld vir dienste gelewer, in te vorder.
 
Dié munisipaliteit se staatsubsidie is saam met 13 ander in die provinsie deur die Nasionale Tesourie weerhou as gevolg van uitstaande Eskom- en Waterraadrekeninge. Sommige van dié munisipaliteite se subsidies is intussen uitbetaal nadat hulle afbetalingsooreenkomste voorgelê het, maar Matjhabeng-munisipaliteit se subsidie is nog uitstaande.
 
Matutle sê die munisipaliteit is bereid om drastiese stappe te doen om sy geld in te vorder.

Die voormalige LUR vir Openbare Werke en Infrastruktuur, Sam Mashinini, het tydens sy begrotingstoespraak vroeër vanjaar gesê sy departement – wat verantwoordelik is vir die betaling van munisipale dienste gelewer by regeringsgeboue - het ‘n begrotingstekort van R265 miljoen en gaan tekort skiet vir die betaling van dienste soos elektrisiteit en water.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus 

Podcasts

Khojane Matutle :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.