On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Kalmte in Boitekong na betogings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:47 Wed, 06 May 2015

Kalmte in Boitekong na betogings | News Article

Rustenburg - Die situasie in Boitekong naby Rustenburg in Noordwes is kalm na betogings deur ontevrede gemeenskaplede van Sondela en Meriteng die afgelope twee dae in die gebied uitgebreek het.

Polisiewoordvoerder, Kelebogile Moleko, sê die polisie het die situasie sedert Maandagaand gemonitor. Sy sê die gemeenskap was glo ontevrede oor swak munisipale dienslewering en gebrekkige watertoevoer.
 
‘n Groep van sowat 200 mense het gister vreedsaam by ‘n vulstasie op die R510 by Rustenburg saamgedrom en aangedring dat munisipale verteenwoordigers aan hulle antwoorde verskaf. Volgens haar het verteenwoordigers van die munispaliteit die groep toegespreek waarna watertoevoer na die gebied weer herstel is.
 
Moleko sê twee betogers, ‘n man en vrou, wat Maandagaand in Sondela in hegtenis geneem is weens openbare geweld, is gister in die Rustenburg landdroshof op waarskuwing vrygelaat.
 
Volgens haar is die paaie by Sondela and Meriteng wat gesluit is nadat betogers dit met boomtakke en brandende bande versper het intussen weer oopgestel.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.