On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Universitas Hospitaal se akkreditasie onder vergrootglas

───   06:39 Tue, 12 May 2015

Universitas Hospitaal se akkreditasie onder vergrootglas | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse departement van gesondheid rep geen woord oor die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika se inspeksie in verband met die akkreditasie van Universitas Hospitaal as opleidingshospitaal.

Dié hospitaal in Bloemfontein het die afgelope jaar opskrifte gehaal as gevolg van die tekort aan medikasie en 'n uittog van dokters wat gelei het tot die sluiting van die kardiologiese afdeling.
 
Dokters in die staatsdiens het vroeër vanjaar – in ‘n anonieme brief – gekla oor hulle werksomstandighede en probleme by die Universitas Akademiese Hospitaal en die Pelonomi Distrikshospitaal. Dié probleme is toegeskryf aan die finansiële verknorsing waarin die provinsiale departement van gesondheid hom tans bevind.
 
Die dokters het ook ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gedoen om die brief ernstig op te neem. Die Raad vir Gesondheidsberoepe het Vrydag ‘n terugvoersessie oor die inspeksie by die Universiteit van die Vrystaat gehou.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.