On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Uitspraak voorbehou in gelykheidshof

───   16:45 Tue, 19 May 2015

Uitspraak voorbehou in gelykheidshof | News Article

Upington - Uitspraak is voorbehou in die saak teen die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas wat vandag in die gelykheidshof op Upington aangehoor is.

 ‘n Nasionale lid van die Nasionale Khoisanraad, Stanley Peterson, het die saak teen haar aanhangig gemaak nadat sy tydens ‘n amptelike begrotingstoespraak in 2010 op Upington die verbode h-woord gebruik het.

Peterson het in ‘n onderhoud met OFM-nuus gesê dat hy besluit het om haar hof toe te sleep nadat sy nie sanksies van die Menseregtekommissie nagekom het nie.

Peterson sê net die feit dat die saak vandag voor die hof gedien het, was al klaar ‘n oorwinning in die kleine vir die Khoi-San-gemeenskap nadat die regsverteenwoordigers van Lucas betoog het dat die saak van die rol geskrap word.
 
Uitspraak word op 30 Junie gelewer.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.