On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Help ons 'om korrupte polisiebeamptes vas te trek'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:37 Thu, 21 May 2015

Help ons 'om korrupte polisiebeamptes vas te trek' | News Article

Bloemfontein - Die polisie se anti-korrupsie-eenheid doen ‘n ernstige beroep op die publiek om geen geld aan polisiebeamptes te betaal in ruil vir hul geskutte voertuie nie.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Peter Kareli, sê die publiek se hulp om korrupte polisiebeamptes vas te trek word hoog op prys gestel.
 
Dit kom nadat ‘n 31-jarige polisiebeampte van Ladybrand, Rethabile Motete, vroeër vandag in die plaaslike landdroshof op ‘n aanklag van korrupsie verskyn het.
 
Kareli sê Motete het na bewering geld van ‘n lid van die publiek, wat sy motor by die plaaslike voertuigbewaringseenheid wou terugkry, geëis.

Kareli sê Motete is op R1 000 borgtog uitgelaat. Sy verhoor is tot 30 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Peter Kareli:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.