On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Bloemfonteinse kinders (80) hospitaal toe gejaag weens maagaandoening

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:19 Thu, 21 May 2015

Bloemfonteinse kinders (80) hospitaal toe gejaag weens maagaandoening | News Article

Bloemfontein - Mediclinic Bloemfontein behandel tans ses leerlinge van die St. Bernard's Catholic School in Botchabela, wat vanoggend by die skool siek geword het.

Woordvoerder Amanda Appelgryn sê die leerlinge word in die hospitaal se noodeenheid behandel.
 
OFM-nuus het vroeër berig dat Netcare 911 sowat 80 leerlinge na verskeie hospitale in die stad geneem het nadat hulle van naarheid en maagongesteldheid gekla het.
 
Volgens Netcare 911 se Chris Botha het die kinders siek geword, moontlik van kos wat hulle gister by ‘n begrafnis geëet het. Paramedici is uitgeroep na die skool waar kinders op die toneel behandel is, voordat hulle hospitaal toe geneem is.
 
Volgens Appelgryn wag hulle op die patologie-uitslae.
 
Christal-Lize Muller en Owen Kock/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.