On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Leerlinge (130) en onderwysers (3) siek by 2 Bloemfonteinse skole

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:18 Thu, 21 May 2015

Leerlinge (130) en onderwysers (3) siek by 2 Bloemfonteinse skole | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse onderwysdepartement het bevestig dat drie onderwysers en 120 leerlinge van die Hoërskool St. Bernard's in Botchabela in Bloemfontein vanoggend by die skool siek geword het.

Woordvoerder Howard Ndaba sê 10 leerlinge van die Laerskool St Mary's het ook van naarheid en maagongesteldheid gekla nadat leerlinge van dié twee skole gister die begrafnis van Vader Daes bygewoon het.
 
Ndaba sê die situasie is egter onder beheer en die departement van gesondheid vorm deel van 'n ondersoek na die voorval.
 
Hy sê die goeie nuus is dat 41 van die 61 leerlinge wat in plaaslike klinieke en hospitale behandel is, reeds ontslaan is.
 
Vader Daes was die stigter van dié twee skole.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.