On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Drie maande gelede glo ook amper by aangerande vrou ingebreek

───   DANE BEISHEIM 18:26 Thu, 21 May 2015

Drie maande gelede glo ook amper by aangerande vrou ingebreek | News Article

Bloemfontein - Daar was glo drie maande gelede by die bejaarde Bloemfonteinse vrou, wat laat gistermiddag in haar huis aangeval is, ook ’n inbreekpoging.

Die 80-jarige Thelma Crous, wat alleen in ’n huis in Westpalstraat in Universitas woon, is steeds in 'n ernstige toestand in die Mediclinic Bloemfontein met veelvuldige beserings.
Sy het nege maande gelede ’n hartomleiding gehad, en sukkel steeds om te herstel. Volgens polisiewoordvoerder, Peter Kareli is daar nog geen inhegtenisnemings gemaak nie.
 
Dit is ook nog onduidelik hoeveel aanvallers betrokke was en wat uit Crous se huis vermis word.
 
Intussen het Maggie Goldsmith van plaaslike skoonmaakdienste, wat Crous se huis gereeld skoonmaak, die situasie betreur.

Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

Maggie Goldsmith:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.