On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vrou by Grey Kollege gearresteer na stryery met voormalige man

───   THANDI XABA 16:39 Fri, 22 May 2015

Vrou by Grey Kollege gearresteer na stryery met voormalige man | News Article

Bloemfontein - 'n Vyf-en-dertig-jarige vrou is vanmiddag by Grey Kollege Preprimêr in Bloemfontein in hegtenis geneem op aanklagte van poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging.

Polisiewoordvoerder Chaka Marope sê die vrou en haar voormalige man was glo in 'n stryery oor hulle 5-jarige seun betrokke, toe sy probeer het om die man met haar motor om te ry. Sy kon egter nie daarin slaag nie, maar het wel sy motor getref.
 
Die 38-jarige sakeman het daarop die polisie ontbied, wat die vrou op die toneel in hegtenis geneem het.
 
Niemand is in die voorval beseer nie, maar die skade aan die man se motor word volgens Marope op ongeveer R20 000 beraam.
 
Die vrou sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Thandi Xaba/OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.