On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Klinieke in Bloemfontein sonder water

───   10:51 Sat, 23 May 2015

Klinieke in Bloemfontein sonder water | News Article

Bloemfontein - Twee klinieke in Bloemfontein – Thusong en Fichardtpark - se watertoevoer is die week afgesny met vrese dat die situasie tot onhigiëniese toestande kan ly.

‘n Pasiënt, wat anoniem wou bly, het aan OFM-nuus gesê toilette is verstop en verpleegsters kan nie hulle hande was nie.
 
Die Vrystaatse departement van gesondheid sê die watertekort by Thusong-kliniek is veroorsaak deur munisipale werkers wat in die omgewing besig was. Die woordvoerder, Zama Lekhula, sê alhoewel die watertoevoer tydelik herstel is, gaan opgradering van die kliniek se waterstelsel aandag geniet.
 
Die watertoevoer by die Fichardtpark-kliniek is glo deur ‘n lekkende waterverwarmer veroorsaak.
 
Die department van gesondheid het sowat twee maande gelede die nuushooftrekke gehaal toe ‘n verslag van die department van arbeid verskeie oortredings op die wet van beroepsveiligheid en gesondheid by klinieke en lykshuise in die provinsie gevind het.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.