On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

WhatsApp-boodskap oor massa-kinderontvoering vals

───   THANDI XABA 14:26 Mon, 25 May 2015

WhatsApp-boodskap oor massa-kinderontvoering vals | News Article

Bloemfontein - 'n Boodskap wat meen dat kinders vandag in groot massas regoor Suid-Afrika ontvoer gaan word, is onwaar.

Dié boodskap wat op die sosiale netwerk WhatsApp verprei is, kom nadat die SAUK gisteraand 'n insetsel gehad het oor vermiste en ontvoerde kinders.
 
Die program het statistiek bevat wat sê dat daar elke vyf uur 'n kind in Suid-Afrika ontvoer word.
 
OFM-nuus het verskeie navrae ontvang van besorgde ouers, onderwysers en kinderoppassers oor dié boodskap.
 
Die nuuskantoor kon intussen bevestig dat die boodskap deur 'n onbekende persoon versprei is en nie waar is nie.
 
Nana Recher van die Pink Ladies-organisasie sê daar is geen substans in die boodskap nie, maar het ouers steeds gemaan om paraat te wees.
 
Rechner sê die polisie se statistiek is uit 2013 en dat dit moontlik al intussen verander het.
 
Die WhatsApp-boodskap sê kinders gaan vandeesweek in groot getalle regoor Suid-Afrika ontvoer word en dat dit in 'n noodberig deur die SAUK uitgesaai is.
 
Thandi Xaba/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.