On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Versnelde diagnose en behandeling vir kanker gou moontlik

───   DANE BEISHEIM 06:37 Tue, 26 May 2015

Versnelde diagnose en behandeling vir kanker gou moontlik | News Article

Potchefstroom - ’n Inisiatief vir die bevordering van geneeskunde-ontwikkeling is besig om hom as deel van ’n samewerkingsooreenkoms tussen die Noordwes-Universiteit, die Universiteit van Pretoria en die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Neksa) af te speel.

Dít, nadat ’n skandeerder pas bekendgestel is wat die diagnoseproses vir kankerverspreiding en tuberkulose aansienlik versnel.
 
Dit het die drie rolspelers sowat R6 miljoen uit die sak gejaag om die Micro PET/CT skandeerder aan te koop. Die skandeerder is ’n eerste op die Afrika-vasteland.
 
Volgens die NWU se Liezl-Marie Scholtz sal dit gebruik word om medikasie se werking eers in diere te toets.

Die skandeerder sal by Pelindaba, 30km wes van Pretoria gehuisves word.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

Podcasts

Liezl-Marie Scholtz :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.