On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vermoorde NK-boer se naam bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:09 Fri, 29 May 2015

Vermoorde NK-boer se naam bekend | News Article

Kuruman - Dit is 'n hartseer dag vir Agri-Noord-Kaap nadat een van sy lede, Christo Kruger, gisteraand op sy plaas buite Kuruman doodgeskiet is.

So sê die organisasie se hoofbestuurder, Henning Myburgh, nadat die 64-jarige Kruger in die bors by sy agterdeur deur iemand geskiet is.
 
Myburgh sê Kruger was gisteraand omstreeks 20:00 onrustig nadat sy honde geblaf het en bekommerde plaaswerkers hom gebel en gewaarsku het dat daar vreemde mense op die plaas is. Kruger is talle kere na buite om ondersoek in te stel.
 
Myburgh sê Kruger se vrou was in die huis en is fisies ongedeerd.
 
Hy sê misdaad ruk nou handuit.

Myburgh sê volgens sy inligting het die aanvallers na die voorval gevlug.
 
Niks is gesteel nie.
 
Hy doen 'n ernstige beroep op boere om by ge-organiseerde landbou se veiligheidstrukture betrokke te raak.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Henning Myburgh:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.