On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Multimiljoenrandse opgradering by Sasol-kliniek

───   09:17 Fri, 29 May 2015

Multimiljoenrandse opgradering by Sasol-kliniek | News Article

Sasolburg - Die oliereus, Sasol, het multimiljoenrandse opgraderings by een van die besigste klinieke in die Vrystaat – wat ‘n massiewe 6 000 pasiënte per maand bedien - gedoen.

Die bestuurder by die Zamdela-kliniek in Sasolburg, Olivia Letsholo sê hulle bedien nie net pasiënte van die gebied nie, maar omdat hulle ‘n dokter en ‘n uitgebreide apteek het, word pasiënte van ander klinieke na dié een verwys.
Sasol het gister die voltooide projek aan die Vrystaatse departement van gesondheid oorhandig. Letsholo sê die personeel kan nou met gemak honderde mense per dag help.

Sasol wou nie die totale koste van die opgraderings bekend maak nie, maar die apteek, ‘n hele nuwe rioolstelsel en ‘n nuwe ontvangsarea vorm deel daarvan.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

Podcasts

Olivia Letsholo :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.