On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Kuruman-plaasmoord: Gemeenskap erg geskok

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:33 Fri, 29 May 2015

Kuruman-plaasmoord: Gemeenskap erg geskok | News Article

Kuruman - Die boeregemeenskap van Kuruman in die Noord-Kaap is erg geskok oor die moord van ‘n plaaslike boer op sy plaas Byron gisteraand.

Voorsitter van Agri-Kuruman, Jan Theart, sê sover bekend is dit die eerste plaasmoord in dié distrik in baie jare.
 
Die 64-jarige Christo Kruger is in die bors geskiet by die agterdeur van sy huis nadat hy onraad vermoed het.
 
Theart sê die aanvallers het vermoedelik te voet gevlug.
 
Niks is glo gesteel nie.
 
 Kruger se vrou, Vera, was in die huis tydens die voorval. Sy is fisies ongedeerd.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.