On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

NK-gesondheidsdepartement vir miljoene gedagvaar

───   08:42 Tue, 30 Jun 2015

NK-gesondheidsdepartement vir miljoene gedagvaar | News Article

Kimberley - Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement staar 'n 32-miljoenrande mediese nalatigheidseis in die gesig nadat ‘n baba met serebrale gestremdheid gediagnoseer is nadat hy by een van die provinsie se fasiliteite behandel is.

Die hoof van dié departement, Gugulethu Matladpane, sê die dagvaarding is verlede maand ontvang. Dit is die jongste in 'n reeks eise teen die departement wat tans sowat R102-miljoen beloop.
 
Matladpane het tydens ‘n sitting van die Nasionale Raad van Provinsies se Sosiale Dienste Komitee ‘n voorlegging gedoen oor uitdagings wat die departement tans ervaar en het ook vrae beantwoord oor die dekade-lange konstruksie van die omstrede psigiatriese hospitaal in Kimberley, wat ‘n groot hap uit die provinsiale begroting geneem het.
 
Luidens ‘n verslag van die provinsiale tesourie oor provinsiale departemente se ongeouditeerde inkomste en uitgawes het die gesondheidsdepartement se onreëlmatige uitgawes van R20-miljoen in die 2013/14 boekjaar tot R526-miljoen in die vorige boekjaar gestyg.
 
Die departement het aangedui dat een van sy grootste uitdagings is om mediese personeel na die provinsie te lok. Die tekort aan verpleegsters is veral 'n probleem in die provinsie. 
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.