On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Soektog na man wat glo in NW verdrink het duur voort

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:35 Wed, 01 Jul 2015

Soektog na man wat glo in NW verdrink het duur voort | News Article

Brits - Polisieduikers in Noordwes soek steeds na die lyk van ‘n Zimbabwiese man wat vermoedelik die naweek in die Klipvoor Borakalalo-natuurreservaat sowat 60km buite Brits in ‘n dam verdrink het.

Polisiewoordvoerder, Paul Ramaloko, sê die 44-jarige Gibson Mkhondo is Saterdag as vermis aangemeld nadat hy en twee vriende Vrydag omstreeks 23:00 onwettig vis by die Klipvoordam in die reservaat gevang het.
 
Ramaloko sê die drie mans het hul visnette in die water geplaas en Mkhondo het daarna nie teruggekeer nie.
Polisieduikers soek sedert Sondag na sy lyk.
 
Mkhondo se twee vriende is vroeër aangekla vir betreding, maar die aanklagte teen hulle is intussen teruggetrek. Die soektog duur voort.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.