On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Solidariteit veg vir Afrikaans aan Kovsies

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:09 Wed, 01 Jul 2015

Solidariteit veg vir Afrikaans aan Kovsies | News Article

Bloemfontein - Solidariteit gaan betrokke raak en insette lewer aan die Universiteit van die Vrystaat se taalkomitee.

Die komitee sal op sy beurt in November aanbevelings oor ‘n taalbeleid aan die universiteitsraad voorlê, nadat die UV ‘n proses begin het om sy beleid te hersien.
 
Die vakbond se Johan Botha, sê ‘n omvattende veldtog vir die behoud van Afrikaans aan die instelling is van stapel gestuur na 'n brief deur die rektor, Jonathan Jansen aan personeellede.
 
Volgens Botha ondersteun Jansen die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal in dié brief. Jansen verwys glo ook in die brief na die nadele van ’n dubbelmedium-onderrigtaal.
 
Hy sê hulle het as deel van die veldtog ‘n platform geskep vir mense wat pro-Afrikaans is om hul stem oor die taalbeleid uit te bring.

Hy sê die samestelling van die UV se taalkomitee is nog nie duidelik nie, maar die vakbond beywer hom nietemin vir
die behoud van Afrikaans aan Kovsies.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Johan Botha:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.