On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

UV-taalbeleid: Jansen moedig deelname aan debatvoering aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:38 Wed, 01 Jul 2015

UV-taalbeleid: Jansen moedig deelname aan debatvoering aan | News Article

Bloemfontein - Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het geen vooropgestelde eindpunt wat bereik moet word rakende die hersiening van ‘n taalbeleid nie.

Dit is volgens die rektor, Jonathan Jansen, nadat die instelling ‘n proses begin het om sy taalbeleid te hersien.
 
Jansen het vroeër aan OFM-nuus gesê die UV is nie ‘n politieke organisasie nie en gebruik nie sy magte om ‘n bepaalde punt te bereik nie.
 
Volgens hom weet die universiteit nie wat die uitkoms van die hersieningsproses gaan wees nie, maar dit is belangrik dat dit plaasvind sodat ongemaklikhede rondom die beleid uitgewys kan word. Dit is egter vir hom onverstaanbaar dat daar mense is wat reeds besluit wat die uitkoms van die proses gaan wees.
 
Jansen moedig belanghebbendes aan om betrokke te raak.

Volgens Jansen sal die taalbeleid in Suid-Afrika altyd deel vorm van die transformasie-debat om akademie meer toeganklik vir alle studente te maak.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Jonathan Jansen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.