On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

VS-polisie waarsku buitelanders teen rooftogte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:34 Thu, 02 Jul 2015

VS-polisie waarsku buitelanders teen rooftogte | News Article

Bloemfontein - Die polisie in die Vrystaat waarsku buitelandse burgers om paraat te wees ná ‘n Pakistani gister doodgeskiet en twee ander buitelanders in afsonderlike voorvalle beroof is.

Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê in Tseki in Qwa-Qwa is die Pakistani buite die plaaslike winkelsentrum geskiet. Die polisie is gistermiddag kort voor 18:00 deur lede van die gemeenkap ontbied. Die motief vir sy moord is onbekend.
 
Sy sê ‘n Chinese man is in die vroeë oggendure op Hoopstad by sy huis vasgebind en van ‘n onbekende bedrag geld, ‘n rekenaar en selfone beroof.
 
Volgens haar is ‘n Ethiopiër in Welkom in sy winkel deur drie gewapende mans aangehou en beroof.
 
Die polisie veroordeel aanvalle op buitelanders.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie. Mbambo vra diegene met inligting om hul naaste polisiekantoor te skakel.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Thandi Mbambo:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.