On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

VS LUR reageer op TAC se ondersoek

───   14:53 Thu, 02 Jul 2015

VS LUR reageer op TAC se ondersoek | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse LUR van gesondheid, Benny Malakoane, het die Treatment Action Campaign (TAC) daarvan beskuldig dat hulle mense omkoop om te jok oor die toestand van gesondheidsdienste in die provinsie.

Die TAC het hom die argwaan van Malakoane op die hals gehaal toe hulle hom genooi het om hul ondersoek – met die hou van openbare verhore - na die gesondheidsdienste in die provinsie, by te woon.
Anele Yawa van die TAC sê die Vrystaat se dienslewering by hospitale en klinieke is die swakste van al nege provinsies.
 
Malakoane hou egter voet by stuk dat statistieke bewys dat die Vrystaat een van die top drie provinsies is met sy MIV/Vigs-program.
 
Intussen het die menseregtekommissie aangedui dat sy ondersoek na gesondheidsdienste, wat sowat ses maande geduur het, afgehandel is.
 
‘n Verslag behoort binnekort vrygestel te word.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.