On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

NK-munisipaliteite bekyk dienslewering

───   CATHY DLODLO 16:49 Thu, 02 Jul 2015

NK-munisipaliteite bekyk dienslewering | News Article

Kimberley - Die nasionale minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Pravin Gordhan, gaan môre die politieke leierskap en senior amptenare van munisipaliteite in die Noord-Kaap toespreek as deel van die provinsie se plaaslike regeringsberaad wat vandag begin het.

Gordhan se provinsiale eweknie, Alvin Botes, sê die beraad is ‘n uitvloeisel van President Jacob Zuma se versoek dat elke provinsie ‘n beraad moet hou om die diensleweringsprogram “Back to Basics” te bevorder.
Volgens die ouditeur-generaal se 2013/14-boekjaarverslag het munisipaliteite in dié provinsie byna R2 miljard op ongemagtigde, onreëlmatige en vrugtelose en verkwiste uitgawes bestee.

Die burgerregte organisasie, AfriForum, het juis hieroor ‘n klag by Gordhan gelê en versoek dat die name en besonderhede van amptenare wat vir verkwiste uitgawes verantwoordelik is en ondersoek gaan word, bekend gemaak word.
 
Die adjunk-minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams en Noord-Kaapse premier Sylvia Lukas asook Botes gaan ook die beraad toespreek.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.