On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Ek móés strafregtelike aanklagte teen Ramaphosa bring: Malema

───   06:40 Fri, 03 Jul 2015

Ek móés strafregtelike aanklagte teen Ramaphosa bring: Malema | News Article

Marikana - Julius Malema, EFF-leier, sê hy het geen ander keuse gehad as om strafregtelike aanklagte teen verskeie topamptenare, insluitend adjunkpresident Cyril Ramaphosa en direkteure van die Lonmin platinum-myn, aanhangig te maak nie.

Hy het gister tydens 'n mediakonferensie gesê diegene wat 'n rol gespeel het in die dood van 34 mynwerkers tydens 'n staking by Lonmin se Marikana-myn in 2012, verantwoordelik gehou moet word.
 
Die party gaan ook klagtes lê teen die voormalige minister van Polisie, Nathi Mthethwa, die nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega en die voormalige Noordwes polisiekommissaris, Zukiswa Mbombo.
 
Maryke Vermaak doen verslag.
 
Intussen het die Presidensie aangekondig dat hy bewus is van Malema se planne.
 
Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa sê die Farlam-kommissie se verslag oor die Marikana tragedie se bevindings oor Ramaphosa was duidelik.
 
Die verslag het Ramaphosa van enige aanspreeklikheid gevrywaar.
 
JacarandaFM
 

Podcasts

Maryke Vermaak:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.