On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Waterbeperkings in Bloemfontein ingestel, 20% prysverhoging

───   REFILWE GAESWE 08:28 Sat, 04 Jul 2015

Waterbeperkings in Bloemfontein ingestel, 20% prysverhoging | News Article

Bloemfontein - Waterbeperkings gaan vir die eerste keer in 32 jaar in Bloemfontein ingestel word.

Dié besluit is gister deur die Mangaung-metroraad tydens 'n spesiale raadsvergadering in Bloemfontein geneem. Die prys van water sal ook met 20-persent styg. Beide die DA en die ANC het ingestem tot die waterbeperkings.
 
DA-raadslid van die Mangaung-metro, Rossouw Botes sê die situasie rondom die beskikbaarheid van water in Bloemfontein is nou slegter teenoor watertekorte verlede jaar dié tyd toe water noodgedwonge uit die Katsedam in Lesotho losgelaat moes word.
 
Botes meen sonder die beperking was ‘n tekort aan water onafwendbaar met sowat 200 miljoen liter water wat daagliks in Mangaung verbruik word, terwyl die eerste lentereën eers later vanjaar gaan val.

Waterbeperkings is laas in 1983 in Bloemfontein ingestel.
 
Refilwe Gaeswe/OFM-nuus

Podcasts

Rossouw Botes:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.