Human Interest
PUK hartseer oor student se dood─── DANE BEISHEIM 17:55 Mon, 06 Jul 2015
Potchefstroom - Die Noordwes-Universiteit betreur die dood van een van sy studente.
Bianca Page, ’n 20-jarige B.Pharm-student het vanoggend gesterf nadat haar motor met 'n tenkwa op die N12 sowat 20 kilometer buite Potchefstroom gebots het. Page is op die toneel dood verklaar.
Potch-kampuswoordvoerder Kiewiet Scheppel sê die universiteit sal bystand verleen waar hulle kan.
Page was vermoedelik van haar ouerhuis in Germiston na die universiteit onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.
Page was vermoedelik van haar ouerhuis in Germiston na die universiteit onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.
Die vragmotorbestuurder is na die Mediclinic Potchefstroom vervoer vir waarneming nadat hy op die toneel vir skok behandel is.
Dane Beisheim/OFM-nuus
Kiewiet Scheppel: