On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Gesondheidwerkers hoor vandag oor terugtrek van aanklagte

───   CATHY DLODLO 06:52 Tue, 07 Jul 2015

Gesondheidwerkers hoor vandag oor terugtrek van aanklagte | News Article

Bloemfontein - Landdros Zukiswa Thafeni sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die aansoek van die meer as 100 gemeenskap gesondheidswerkers om die saak teen hulle te laat vaar.

Die regsverteenwoordiger vir die werkers, Advokaat Rudolf Mastenbroek, het gister aangevoer dat elke inwoner, ingevolge die grondwet, die reg om sy of haar mening te lug en dat die staat moet besluit of die aangeklaagdes die protesaksie bygewoon of georganiseer het.
 
Die werkers is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem toe hulle ‘n sit-staking by die hoofkwartiere van die Vrystaatse gesondheidsdepartement gehou het. Hulle het teen die opskorting van hulle kontrakte betoog.
 
Cathy Dlodlo berig dat die klagtes teen 23 van die werkers, na arbitrasie, teruggetrek is.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.