On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

FOTO: Kapers vas ná vinnige polisie-optrede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:51 Wed, 15 Jul 2015

FOTO: Kapers vas ná vinnige polisie-optrede | News Article

Bloemfontein - Vyf vermeende kapers sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat hulle Woensdagoggend ‘n vragmotor met sigarette by Bloemspruit gekaap het.

Polisiewoordvoerder, Annelie Wrensch, sê drie gewapende mans het omstreeks 06:00 in ‘n motor met ‘n Gautengse registrasienommer voor die vragmotor ingery.
 
Een van die mans het in die vragmotor gespring, ‘n vuurwapen op die bestuurder gerig en weggery. Die ander twee mans het die vragmotor in hul eie motor agtervolg. Sy sê die vragmotorbestuurder is ongedeerd in Bochabela afgelaai.
 
"Intussen het die polisie die maak en registrasienommer van die voertuie wat gebruik is in die kaping gesirkuleer, en het toe die voertuie opgemerk in Parkweg waarna die polisie toe toegeslaan het op die voertuie. Drie van die verdagtes in die Quantum-bussie is toe gearresteer op die toneel. Twee verdagtes het toe gevlug in die Corolla," het Wrensc
 
Volgens Wrench het lede van die polisie se K9-eenheid die motor wat vroeër die oggend gebruik is met die twee verdagtes agternagesit en op die Dealesville-pad buite die stad van die pad afgedwing.
 
Die moontlikheid of die voorval verband hou met verskeie ander soorgelyke rooftoge waarin sigarette uit vragmotors geroof is, word ondersoek.
 
Die vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 32 en 36 staan tereg op ‘n aanklag van kaping en gewapende roof.

Niemand is in die voorval beseer nie. Die polisie het beslag gelê op ‘n Norinco-pistool.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
 

Keywords: Bloemfontein, crime, user submitted, gebruikersfoto, misdaad, Bloemfontein

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.