On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Zama zama-myners loop hul rieme in Welkom styf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:24 Tue, 28 Jul 2015

Zama zama-myners loop hul rieme in Welkom styf | News Article

Welkom - Altesaam 22 beweerde onwettige zama zama-myners sal na verwagting eerskomende Maandag in die landdroshof in Welkom aansoek om borgtog doen nadat hulle die naweek by ‘n verlate myn van Harmony Gold betrap is.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die mans het gister in die hof verskyn op ‘n aanklag van sameswering om ’n misdaad te pleeg, onwettige betreding en hulle was ook nie in besit van geldige dokumentasie om in die land te wees nie.
 
Hy sê die polisie se taktiese reaksie-eenheid het Vrydag omstreeks 23:30 vinnig op inligting gereageer.

Intussen sê Thakeng niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n man, wat glo ook ‘n onwettige myner is, vroeër die maand nie.
 
Volgens hom is die lyk van ‘n man wat later as ‘Paulus’ geïdentifiseer is, in ‘n oop veld by Hamlet in Welkom naby die verlate St. Helena-myn met vier skietwonde gevind. Hy vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Stephen Thakeng:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.