On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Prof. TT Cloete was lief vir Potchefstroom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:48 Wed, 29 Jul 2015

Prof. TT Cloete was lief vir Potchefstroom | News Article

Potchefstroom - Prof. TT Cloete is vanoggend in die ouderdom van 91 in die MooiMed-hospitaal in Potchefstroom, Noordwes oorlede aan natuurlike oorsake.

Die bekroonde digter, Bybelvertaler, letterkundige en wetenskaplike navorser, wat 'n groot rol in die ontwikkeling van Afrikaans as taal gespeel het, het verlede jaar in ‘n onderhoud met OFM vertel oor sy liefde vir Potchefstroom en die Noordwes-Universiteit se Pukkampus.
 
Cloete, ‘n boorling van Vredefort in die Vrystaat, het ook een van sy gewildste liefdesgedigte, Anna, wat oor sy oorlede vrou gaan, tydens die onderhoud voorgelees.

Cloete het verder vertel hy het dié gedig geskryf voor sy vrou se dood in Mei 2007. Sy het daarvan geweet en dit gelees.
 
Die NWU se Pukkampus het vroeër gesê Cloete se dood is ‘n groot verlies, want hy was ‘n groot gees in die Afrikaanse letterkunde. 
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

TT Cloete:

Cloete:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.