On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Ficksburg-boer ongedeerd na rooftog

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:13 Thu, 30 Jul 2015

Ficksburg-boer ongedeerd na rooftog | News Article

Ficksburg - Landelike veiligheidstrukture wat in plek is het heel waarskynlik vroeg vanoggend bygedra dat ‘n jong vrou op haar plaas by Ficksburg fisiek ongedeerd van 'n rooftog afgekom het.

Hoof van die plaaslike veiligheidsreaksiegroep, Jordaan Marais, sê die jong vrou bly alleen op die plaas en het omstreeks 01:00 gehoor hoe haar huis se agterdeur oopgebreek word.
 
Hy sê sy het haar in die hoofslaapkamer toegesluit en oor ‘n tweerigtingradio hulp ontbied. Die booswigte het haar slaapkamerdeur oopgebreek, haar gegryp, na buite gedwing en beveel om haar bakkie aan te skakel.
 
Volgens hom het hulle haar net daar gelos en is fort met die voertuig.
 
Hy vermoed die gesprekke op die tweerigtingradio het die rowers die hasepad laat kies.
 
Marais sê lede van die reaksiegroep was vinnig op die toneel, terwyl ander na die gesteelde bakkie gesoek het.

Intussen sê Vrystaatse polisiewoordvoerder Phumelelo Dhlamini ‘n klag van huisroof word ondersoek.
 
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die bakkie is ook nie teruggevind nie. Dhlamini vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor of die Crime Stop-nommer te bel.
 
OFM-nuus gaan nie die vrou se naam bekendmaak nie vir haar eie toekomstige veiligheid.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.