On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Waarnemende NW-polisiehoof veroordeel 'onbemande polisiekantoor'

───   DANE BEISHEIM 18:25 Thu, 30 Jul 2015

Waarnemende NW-polisiehoof veroordeel 'onbemande polisiekantoor' | News Article

Assen - Die waarnemende polisiekommissaris vir Noordwes, Jacob Tsumane het vandag die situasie by die Assen-polisiekantoor in die verre oostelike deel van die provinsie, sterk veroordeel.

Dit volg nadat die kantoor Dinsdagmiddag glo onbeman aangetref is. Die stasie bedien hoofsaaklik landbougemeenskappe.
Tsumane het vanoggend in 'n verklaring gesê die stand van sake is onaanvaarbaar. Hy het opdrag gegee dat die groepsbevelvoerder 'n formele ondersoek begin.
 
Afsonderlike voorvalle in Coligny en Vrede hierdie afgelope maand het intussen weer die kollig op plaasaanvalle geplaas.
 
Agri-Noordwes se Boeta du Toit sê met dit in gedagte, moet daar streng opgetree word teen skuldige partye.

Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

Boeta du Toit:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.