On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

VS LUR vir onderwys erken sy departement ervaar ernstige kontantvloei probleme

───   CATHY DLODLO 06:48 Fri, 31 Jul 2015

VS LUR vir onderwys erken sy departement ervaar ernstige kontantvloei probleme | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse LUR vir onderwys, Tate Makgoe, het erken dat sy departement ernstige probleme met kontantvloei ervaar.

Dit volg nadat die departement die afgelope maande ontken het dat skole in die provinsie steeds nie hulle subsidies ontvang het nie.
 
Makgoe het gister tydens 'n vraag-en-antwoordsessie in die wetgewer gesê sy departement se geldsake word nog deur die provinsiale tesourie bestuur. Hy sê die tesourie het besluit dat die subsidies vir eers op ys geplaas moet word aangesien daar nie genoeg geld beskikbaar is nie.
 
Die departement betaal sowat R169-miljoen per kwartaal aan skole in die provinsie. Skole gebruik die subsidies om hulle daaglikse administrasiekoste te dek.
 
DA-LPW David van Vuuren het gesê hy is bly die departement het uiteindelik erken dat skole nog nie hulle subsidies ontvang het nie.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.