On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Mangaung-inwoners aangemoedig om waterperkings na te kom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:20 Sat, 01 Aug 2015

Mangaung-inwoners aangemoedig om waterperkings na te kom | News Article

Bloemfontein - Die DA in die Vrystaat doen ‘n beroep op inwoners van die Mangaung-metro om gehoor te gee aan waterbeperkings al is daar steeds verwarring oor die amptelike datum waarop dit ingestel is.

DA-raadslid, Rossouw Botes, sê op ‘n raadsvergadering van 23 Julie is aangekondig die beperkings tree in, maar daar was nog baie onduidelikheid oor hoe dit afgedwing gaan word. Volgens hom is daar ook verder op dié vergadering gesê die waterbeperkings sou die volgende Maandag intree.
 
Hy sê die metro het ook vandeesweek bevestig dat die beperkings sedert Maandag al in werking is.
 
Botes sê die DA het, nadat die raad op 3 Julie aangekondig het dat waterbeperkings ingestel gaan word, verskeie kere gesê ‘n publieke deelnameproses moet gevolg word om inwoners op die hoogte van sake te bring.
 
Hy sê die raad is egter van mening, dat die proses reeds gevolg is toe die eerste kennisgewing in die provinsiale koerant op 14 Maart 2014 uitgereik is.

‘n Inligtingstuk rakende die waterbeperkings het op 27 Julie op die metro se webwerf verskyn.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.