On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Tienermeisie wat in Kby-brand sterf se naam steeds onbekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:47 Sun, 02 Aug 2015

Tienermeisie wat in Kby-brand sterf se naam steeds onbekend | News Article

Kimberley - Die naam van ‘n 14-jarige meisie wat Vrydagaand in ‘n brand in ‘n huis in Kimberley dood is, is nog onbekend.

Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Olebogeng Tawana sê die meisie se naasbestaandes wil nie haar naam bekendmaak nie omdat die uitgebreide familie nog in kennis gestel moet word.
 
Hy sê die oorsaak van die brand word ondersoek.

ER24-woordvoerder Chitra Bodasing het gister aan OFM-nuus gesê paramedici is kort na 23:00 na ‘n huis in Monument Hoogte ontbied.
 
Die oorledene se ma en haar 12-jarige suster en negejarige broer was reeds veilig buite die brandende huis, terwyl die 14-jarige steeds in die huis was.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Olebogeng Tawana:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.