On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vermeende plaasaanvallers terug in hof

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:52 Mon, 03 Aug 2015

Vermeende plaasaanvallers terug in hof | News Article

Bloemfontein - Die saak teen twee mans wat in die rondgaande hof op Vrede verskyn het weens die aanval op 'n bejaarde egpaar op hul plaas buite die dorp, sal na verwagting vandag hervat word.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Zweli Mohobeleli sê Thabo Motloung sal na verwagting  Augustus om borgtog aansoek doen, terwyl Paul Mei Zulu, wat slegs ure ná die aanval op Johannes en Rita Kritzinger in hegtenis geneem is, nie beplan om aansoek te doen nie.
 
Die verdagtes staan tereg op 'n aanklag van poging tot moord, huisbraak en gewapende roof. Johannes is vier keer en Rita drie geskiet.
 
OFM-nuus het verlede week berig dat die egpaar steeds in die Netcare-Unie-hospitaal in Alberton se hoësorgeenheid is. Hulle was onder pynverdowing en Johannes het al gepraat en reageer op sy kinders se stemme. Woordvoerder Ruan Combrink het gesê die egpaar is bewus dat twee verdagtes aangekeer is.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.