On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Onbekende man se lyk in Potch gevind

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:26 Mon, 03 Aug 2015

Onbekende man se lyk in Potch gevind | News Article

Potchefstroom - Die polisie in Noordwes ondersoek ‘n voorval waarin ‘n onbekende man se lyk vanoggend in ‘n waterkanaal in Potchefstroom gevind is.

Polisiewoordvoerder Pelonomi Makau sê ‘n voetganger het omstreeks 06:00 in Paryslaan op die lyk wat op die water gedryf het, afgekom. Sy sê polisieduikers het die man, vermoedelik in sy 40s se lyk uit die kanaal gehaal.
 
Volgens haar is dit nog onbekend wat die oorsaak van sy dood is.

Sy vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Pelonomi Makau:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.