On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Hertzogville-miljoenêr se moordverhoor weer uitgestel

───   OWEN KOCK 14:35 Tue, 04 Aug 2015

Hertzogville-miljoenêr se moordverhoor weer uitgestel | News Article

Hertzogville - Die Hertzogville-diamantdelwer en moordaangeklaagde, Johan Sonnenberg en sy vrou Elena se verhoor is vanoggend weer vir verdere ondersoek uitgestel omdat daar steeds gewag word op DNS-toetse en ballistiese uitslae.

Die miljoenêrboer staar aanklagte van moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, en drie aanklagte van regsverydeling in die gesig. Sonnenberg is in hegtenis geneem nadat die lyke van drie mans op sy plaas gevind is.
 
Hy is vroeër op borgtog van R100 000 uitgelaat.
 
Elena, wat ’n wapenaanklag in die gesig staar, is op borgtog van R5 000 uit.
 
Volgens Sonnenberg se regsverteenwoordiger, Nico Dreyer, sal die DNS-toetse bepaal of die lyke wat gevind is wel die van Riaan Ruiters, Michael Grant en sy broer Jerome is.
 
Die drie mans is in Februarie as vermis aangemeld. Die laaste keer dat hulle lewendig gesien is, was hulle na bewering in die geselskap van Sonnenberg. Die DNS-toese sal ook bepaal hoe die mans dood is.
 
Die verhoor is tot 20 Oktober uitgestel.
 
Owen Kock/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.