On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Leerlinge in Heidedal wag byna twee jaar vir skool

───   CATHY DLODLO 08:32 Sat, 15 Aug 2015

Leerlinge in Heidedal wag byna twee jaar vir skool | News Article

Heidedal - ‘n Ouditeur-generaal-verslag oor die prestasie van die onderwyssektor het opnuut die konstruksie van klaskamers landswyd in die kollig geplaas.

Die verslag, wat verlede maand vrygestel is, toon aan dat daar tekortkominge met infrastruktuurprojekte in in al nege provinsies gevind is.

Een van die projekte – wat deur die nasionale departement van basiese onderwys onderneem word – in Heidedal, Bloemfontein is reeds sowat twee jaar agter skedule. Leerlinge en onderwysers van Heide Primêre Skool wag nou al te vergeefs om na hulle nuut geboude skool te verskuif. Die projek is weereens tot stilstand gebring weens beweerde geldtekorte.

DA LPW Mariette Pittaway sê bouwerk is gestaak nadat die kontrakteur nie betaling ontvang het nie. Ontevrede gemeenskapslede in Heidedal het ook verskeie kere bouwerk onderbreek omdat hulle ongelukkig was dat ‘n plaaslike kontrakteur nie vir die projek aangestel is nie.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.