On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Snuffelhonde kry 'verdagte voorwerp' by Bfn-skool

───   OWEN KOCK 17:12 Thu, 27 Aug 2015

Snuffelhonde kry 'verdagte voorwerp' by Bfn-skool | News Article

Bloemfontein - Die polisie se bom-eenheid en snuffelhonde is vanoggend uitgeroep na die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, na ‘n verdagte voorwerp in ‘n watersloot op die skoolterrein gevind is.

Volgens die skoolhoof, Johan Vorster, is geen van die skool se programme ontwrig nie en die leerders was veilig in hul klaskamers.

Hy sê sy terreinbestuurder het hom vroegoggend van die voorwerp in kennis gestel, waarna Bayswater se blitspatrollie ontbied is.

Vorster sê die polisie het die voorwerp verwyder en hulle wag nou op terugvoering om te hoor presies wat die aard van die voorwerp was.


Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.