On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Video: Puk-optog Kgwadi se skuld: AfriForum Jeug

───   06:49 Fri, 28 Aug 2015

Video: Puk-optog Kgwadi se skuld: AfriForum Jeug | News Article

Potchefstroom - AfriForum Jeug het die skuld vir gister se protesoptog op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit vir die prof. Dan Kgwadi, die visekanselier, gegee.

Sowat 180 studente van al drie NWU-kampusse het gister aan ’n optog voor die institusionele kantoor deelgeneem, en die polisie moes rubberkoeëls en skokgranate gebruik om die skare onder bedwang te bring.

Dít, nadat die optoggangers glo nie deur die staalhekke op die kampus toegelaat is nie.

AfriForum Jeug se Eduan Dupper sê die burgerregtegroep het verneem dat Kgwadi toestemming gegee het vir die protesoptrede en dat hy die studente se beswaarskrif in ontvangs moes neem.

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.