On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vrystaat Kunstefees-produksiewenners aangewys

───   KARIEN JORDAAN 06:55 Fri, 28 Aug 2015

Vrystaat Kunstefees-produksiewenners aangewys | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaat Kunstefees-produksiewenners is gisteraand bekend gemaak.

In die musiekafdeling het Around the World with 007, The Way we Were met Cat Simoni en Romantiese Sonates met die louere weggestap.

Op die toneelfront is Tsjechof-triptiek as die beste Vrystaatse produksie aangewys, terwyl Amper Vrystaat en Affairs vir Domkoppe onderskeidelik die prys vir beste debuutproduksie en beste Vrystaatse kunstenaar gewen het.

Vir die eerste keer in die fees se geskiedenis was daar ook 'n kategorie vir visuele kuns. Brent Meistre is as wenner aangewys.

Feesdirekteur, Ricardo Peach, sê hulle is reeds besig om talle debuutproduksies vir volgende jaar se fees te ontwikkel.

'n Ander groot projek wat beplan word, is die Pan African Performing Arts and Visual Arts Market.

Karien Jordaan/OFM-nuus

 

 


Podcasts

Ricardo Peach:

Peach:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.