On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Dit gaan goed met Wesselsbron-renosterkalfie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:13 Fri, 28 Aug 2015

Dit gaan goed met Wesselsbron-renosterkalfie | News Article

Bloemfontein - ‘n Twee maande oue renosterbulletjie pas goed aan by ‘n rehabilitasiesentrum in die Noord-Kaap nadat sy ma en nog ‘n renosterbul Sondagaand op ‘n plaas by Wesselsbron in die Vrystaat deur stropers gewond is en later noodgedwonge uitgesit moes word.

Die bulletjie het die aanval oorleef.

Die bestuurder van die sentrum, wat verkies om anoniem te bly en nie wil sê waar die sentrum geleë is nie, sê die bulkalfie het Woensdag daar aangekom. Hy is nog erg getraumatiseerd maar is al dieselfde middag uit ‘n bottel gevoer. Sy sê hy stoei nog wanneer hy drie uurliks gevoed word, maar dit gaan goed met hom.

Die bulletjie is ook nie alleen nie. ‘n Ses weke oue renosterversie word in ‘n kamp langs sy kamp versorg. Dié versie het twee weke gelede by die sentrum aangekom nadat haar ma wreed deur stropers in Limpopo doodgeskiet is. Die versie is by haar ma se karkas gekry. Die bestuurder sê wonde aan haar agterlyfie dui daarop dat ‘n luiperd haar beetgehad het. Sy sterk egter goed aan.

Volgens die sentrumbestuurder word die twee renostertjies deurentyd gemonitor.

Intussen sê die polisie nog niemand is aangekeer nadat die renosterbul en –koei op Japie Pienaar se plaas by Wesselsbron geskiet is. Pienaar het vroeër die week aan OFM-nuus gesê dit is ‘n groot verlies, maar hy is dankbaar die renosterbulletjie het oorleef.

Christal-Lize Muller/OFM-Nuus

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.